Tuis  > Lyk goed met min slaap

Ons wenke sal jou blinkoog en uitgerus laat lyk, selfs al het jy nie ’n oog toegemaak nie

 

Vyf skoonheidsdeskundiges van die VSA – Francesca Fusco, Ranella Hirsch, Sarah Lucero, Emily Kate Warren en Kaycee Clark – deel hul raad:

 

Word wakker

Die maklikste manier om jou gelaat te verfris, is gratis én vinnig – spoel jou gesig met koue water af. Die bloedvate in jou gesig sal saamtrek en jou vel gladder laat vertoon.

 

Verseël die vog

Wend ’n ryk vogroom aan om jou gesig vir langer verfris te laat lyk. Enige plooie sal ook minder prominent vertoon.

 

Minder is meer

Vermy ’n dik onderlaag of gesigpoeier – dit sal ’n vaal, moeë gesig aangeplak laat lyk. Wend eerder ’n getinte vogroom aan. As donker kringe onder jou oë steeds sigbaar is, wend nog ’n laag vogroom aan of gebruik ’n tikkie verbloemer.

 

Grootoog

Gebruik ’n wimperkrultang om jou wimpers mooi te vorm. Om dit selfs meer te beklemtoon, wend twee lae maskara aan.

 

Bloos ’n bietjie

’n Perskekleurige blosser sal jou gesig ophelder en die aandag van donker kringe onder jou oë aflei. Wend ’n bietjie blosser op die appel van jou wange aan en onthou – dis belangrik om goed in te skakeer.

 

Gee jou lokke nuwe lewe

As jy nie tyd het om jou hare te was nie kan jy dit met ’n droë sjampoe spuit. Stel jou haardroër op warm lug en blaas jou hare net vinning nadat jy die droë sjampoe aangewend het.

 
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: