Tuis  > Gesin > Jou Bydraes > Kom ons ruim op

Kom ons ruim op

Ma’s deel hul raad oor hoe om kinderkamers netjies te hou

 

V: Kinderkamers verander dikwels in gevegsfronte met Ma aan die een kant en ’n kind tussen berge speelgoed en vuil wasgoed aan die ander kant. Ons het dus gevra: Hoe kry jy jou kinders sover om hul kamers op te ruim?

 

A: ‘Ek het altyd speelgoed in verskillende bokse gehad waarop die dae van die week geskryf was. My kinders kon net met die speelgoed vir daardie dag van die week speel, en daarna moes dit weggepak word. Op dié manier het hulle met alles gespeel en alles het netjies gebly. Hulle kon die inhoud van die bokse op ’n maandelikse basis kies.’
- Leonie Smal (ma van twee, 19 en 22)

A: ‘Ek los die kamer net so slordig, selfs al breek dit my hart − hulle móét egter leer. Wanneer hulle nie meer bo-oor alles kan loop nie of iets nie kan kry nie (wat nogal dikwels gebeur) is dit tyd vir Operasie Opruim. Ek sien geen doel daarin om hulle te dreig of sekere voorregte weg te neem nie. Ek probeer wel om hulle te beloon as hulle kamers netjies is.’
- Zainab Mohamed (ma van twee, 6 en 12)

A: ‘Ons het elke middag vir vyf minute ’n “skoonmaak-sessie”. Ons hardloop soos die wind deur die huis: een kind het ’n sak vir al die papier en gemors, die ander een tel klere op en ek ruim die res op. Ek speel vir ons ’n liedjie van vyf minute lank kliphard, en ons móét klaar wees as die liedjie verby is.’
- Mariska Maritz de Villiers (ma van twee, 5 en 7)

 
Jy moet aanmeld of registreer
 Gesin, Jou Bydraes 

Dié deeg verander in lagies bros smulkos wanneer jy dit vir peuselgoed of voorgeregte inspan

Gister se hoender en rys kan jou vandag tyd en geld bespaar

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: