Tuis  > Hoe om jou tande skitterwit te kry

Voel jy selfbewus omdat jou tande nie meer so wit is soos toe jy ’n kind was nie? Deur dié wenke te volg sal jy gou-gou weer van oor tot oor glimlag.

 

Volwassenes

As jy ’n mooi glimlag wil hê, moet jy jou tande daagliks borsel en vlos én jou tandarts gereeld besoek. Hier is nog ’n paar wenke om in gedagte te hou:

 

  1. Vlos daagliks om verhoed dat plaak op jou tande aanpak. Deur gereeld te vlos sal jy ook jou kans om tandvleisontsteking te kry, verminder.
  2. Jy behoort jou tande twee maal per dag vir minstens 2 minute te borsel.
  3. Dis belangrik om jou tandarts te vra hoe gereeld jy hom/haar moet besoek. As jy besoeke té lank uitstel, kan jy dalk op die ou einde meer betaal vir duurder prosedures.
  4. Hoe ouer ons raak, hoe dunner en meer deursigtig raak die emaljelagie op ons tande. Dit laat ons tande mettertyd geler vertoon. Raadpleeg jou tandarts of mondhigiënis voordat jy enige bleikmiddels vir jou tande aanskaf. Sommige van die bleikmiddels wat jy sonder ’n voorskrif in die apteek kan koop, kan dalk bestanddele bevat wat skadelik is vir jou tandvleis. So wees baie versigtig met oor-die-toonbank-bleikmiddels.

 

Kinders

Die meeste kinders sien baie op na ’n  besoek aan die tandarts. Leer hulle dus hoe om behoorlik na hul tande om te sien sodat hulle nie die tandarts meer as wat nodig is hoef te besoek nie.

 

  1. Beperk hul inname van soetgoed en gaskoeldrank.
  2. Speel hul gunsteling-liedjie vir 2 minute terwyl hulle tande borsel sodat hulle daaraan gewoond kan raak om hul tande 2 – 3 minute te borsel.
  3. Koop tandevlos in helder kleure en wys hulle hoe om hul tande goed skoon te maak. As jou kinders nog klein is, sal jy hulle dalk moet help sodat hulle nie hul tandvleis beskadig nie.

 

Bleik self jou tande

Die meeste tandartse meen dis veilig om koeksoda te gebruik en dit lewer boonop vining resultate. Maak jou tandeborsel nat en doop dit in koeksoda. Borsel jou tande, spoel jou mond met water uit en borsel dan soos gewoonlik met tandepasta.

 

Kos wat jou tande vlek

Sekere kosse vlek jou tande meer as ander.

Probeer om die volgende te vermy: koffie, rooiwyn, tamatiesous, balsemasyn, beet, bloubessies en kerrie.

 
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: