Dié produkte sal jou kopvel bevog en jou hare in ’n kits opknap sodat jy met ’n glansende dos kan spog
Soos jy ouer word, word jou hare droër. Hou dit gesond deur dit gereeld te laat knip en met opknapbehandelings wat diep inwerk. Probeer Nioxin Deep Repair Hair Masque (R260) of L’Oréal Professionnel Série Expert Volume Expand Masque (R235).
Grys hare, wat grof kan wees, het ekstra opknapping nodig. Probeer VO5 Deep Nourishing Elixir Strengthening Shampoo With Cashmere Keratin (R22,95) vir droë, beskadigde en growwe hare.
Die oorspronklike Moroccanoil Treatment (R315) bevog en voed jou kopvel, en kan as ’n oornagbehandeling aangewend word. Masseer vyf tot 10 druppels van die olie in jou kopvel in en gaan slaap daarmee. Was dit die volgende môre uit jou hare.
Lees nóg oor hoe om jou hare glansend en gesond te hou.