Tuis > Ses stappe om te verseker jou bra pas perfek
Ses stappe om te verseker jou bra pas perfek
Dra jy die regte grootte bra? Om ‘n bra te kry wat reg pas, is nie net voordelig vir jou voorkoms en postuur nie, maar ook vir die gesondheid van jou borste
Jou bra behoort nie elasties en los te voel nie, en moet gemaklik aan jou lyf pas. (Dit moet nie meer as 5 cm van jou af kan rek nie.)
Die keëls moet die borste in geheel tesame met enige ‘onderarm’-weefsel akkommodeer. Gebruik jou hand om jou borste netjies in die keëls te druk of gebruik die buk-en-skud-metode om seker te maak jou borste vul die keëls.
Die hakie behoort aan die buitenste ogie vasgemaak te word en moet gerieflik pas. Omdat ’n bra ná baie gewas rek, kan jy die hakie later stywer stel.
Die band behoort egalig rondom jou lyf te pas. Probeer ’n kleiner bandgrootte indien dit aan die agterkant te hoog optrek: kies byvoorbeeld ’n grootte 34 in plaas van ’n grootte 36.
Borste wat reg geposisioneer is, behoort halfpad tussen jou skouer en jou elmboog te wees.
Jou bra behoort onsigbaar te wees as jy eers jou klere aangetrek het. As jy nie ondersteun voel of ‘gelig’ word nie, begin weer van voor af.