Of jy nou peer-, appel- of liniaalvormig is, ons sal jou help om die vleiendste jas vir jou figuur te kies. Dié winter sal jy nie net fantasties lyk nie, maar ook jou klere met meer selfvertroue dra
Die Liniaal | REG: Skep kurwes – sakke op die heupe en jasse wat ondertoe uitklok laat jou figuur voller vertoon. | WEG: Jasse met ’n boksvorm vlei geensins jou figuur nie. Skep die illusie van kurwes deur jou jas om die middel met ’n gordel af te rond. | Bo: R750, Foschini Onder: R399, Woolworths
Die Appel | REG: ’n Langer jas sal jou bene beklemtoon en jou langer en slanker laat lyk. Kies ’n V-nek om die aandag van die maagarea af te lei. | WEG: Kies altyd vroulike snitte, al is dit hoe aanloklik om ’n vormlose jas te dra net omdat dit warm en gemaklik is. | Bo: R450, Woolworths Onder: R720, Foschini
Die Peer | REG: ’n Kappie of ’n groot kraag lei die oog na bo en balanseer jou onderlyf uit. | WEG: Kort jasse beklemtoon juis dít wat jy wil wegsteek. Kies lewer ’n jas wat tussen die heup en die knie eindig. | Bo: R599, Poetry Onder: R679, G-Couture from Zando
Die Uurglas | REG: Benadruk jou middel. Kies jasse met ’n trekkoord of ’n gordel om die middel om jou kurwes te beklemtoon. | WEG: Vermy oorknoopbaadjies as jy ’n groter borsmaat het, aangesien dit jou nóg groter sal laat lyk. | Bo: R299,95, Mozaic by Ackermans Onder: R599, Woolworths