Tuis  > Blyplek & Woonplek > Skep ’n fotomuur

Volg dié vier maklike stappe om ’n interessante en spesiale fokusmuur met jou gunsteling-foto’s te skep

 

Foto vanaf www.skonahem.com

Volg dié vier maklike stappe om ’n interessante en spesiale fokusmuur met jou gunsteling-foto’s te skep:

 

Wat jy nodig het:

  • Geraamde foto’s (Jy kan self besluit of jy almal in dieselfde rame wil hê en of jy eerder verskillende rame wil gebruik – dit kan nogal interessant lyk!)
  • Papier (Jy kan gewone wit of bruin papier of selfs ou koerante gebruik.)
  • Kleefband
  • Spykers
  • Hamer
  • Skêr
  • Potlood

Stappe:

  1. Gebruik ’n potlood om die buitelyne van die rame op die papier af te trek. Knip dié vorms uit.
  2. Plak die vorms met kleefband aan die muur vas – speel ’n bietjie met die verskillende grootte vorms rond totdat jy met die uitleg tevrede is. Maak seker jy laat genoeg ruimte tussen die rame.
  3. Kap eers die spykers in wanneer jy doodseker is oor die uitleg.
  4. Verwyder die papier, hang jou rame op en siedaar!
 
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: