Tuis  > Gesin > Goeie Dade > Durban speel gasheer vir Home Channel se Dekor- en Ontwerpoggend

Ondersteun hierdie dag van ontwerp, inspirasie en kreatiwiteit ten bate van die Hibberdene Children’s Holiday Home

 

Met sy fokus hierdie keer op KwaZulu-Natal, sal die volgende Home Channel Dekor- en Ontwerpoggend , wat deur Plascon geborg word en deur Edith Venter van Edith Unlimited aangebied word, op Donderdag 28 Junie 2012 by die Zimbali -Fairmont-oord in Durban gehou word.

 

Die Durban-weergawe van hierdie toonaangewende geleentheid sal geld insamel vir die Hibberdene Children’s Holiday Home. Dié huis, wat op ’n strook van die KwaZulu-Natalse kuslyn buite Durban geleë is, verskaf ’n vreedsame wegkomkans vir minderbevoorregte kinders. Vandat die huis sy deure in 1935 geopen het om aan minderbevoorregte kinders ’n welverdiende vakansie by die see te verskaf, is dit befonds deur donasies, straat-geldinsamelings en fondsinsamelingsprojekte.

 

Die Dekor-oggend sal die binnenshuise ontwerper Nthabi Taukobong, die tuinmaak- en landskapkonsultant Dawid Klopper en die uitvoerende kok Dean Uren op die verhoog plaas om jou van deskundige raad oor ontwerp, kos en landskap-ontwerp te bedien.

 

“Dekor is ’n belangrike deel van ons lewens. Dis hoe ons ons persoonlikhede toelaat om die ruimtes waarin ons lewe te deurspek. Hierdie oggende is groot pret en stel sprekers aan die woord wat voorwaar weet waarvan hulle praat. Gaste sal die skoonheid van die Zimbali -Fairmont-oord ervaar, wonderlike geskenkpakke huis toe neem en raad ontvang oor ontwerp en dekor terwyl hulle ook ’n verskil maak deur fondse vir ’n verdienstelike saak in te samel,” sê Edith Venter.

 

PRYS: R350 per person (sluit ligte middagete en geskenkpak in)

WANNEER:  Do 28 Junie 2012

WAAR: Zimbali Fairmont Resort in Durban

Plek is beperk, so bespreek vandag nog om teleurstelling te voorkom.

 

Vir meer inligting oor The Home Channel se Dekor & Ontwerp -oggende, kontak Edith Venter by edith@edithunlimited.co.za of skakel 011 783 5887. Besoek gerus ook www.plascon.co.za.

 

Meer oor die Dekor & Ontwerp – oggende:

Die die Dekor & Ontwerp – oggende is ’n inisiatief van Plascon wat ondersteun word deur The Home Channel, Edith Unlimited, Clarins en die Saxon Hotel & Spa.

 

Die datums vir toekomstige geleenthede:

  • Bloemfontein (Belle Rose)              13 Oktober 2012
 
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: