Of jy dit nou inspan om jou slaapkamer teen die koue te pantser of daaronder opkrul terwyl jy ’n DVD kyk, ’n snoesige oorgooideken is ’n moet vir die winter
BOK VIR SPORTS | R785 | ’n Sybokhaarkombers van House & Interiors sal jou slaapkamer met ’n salige luuksheid vul
KLEUR DIE KOUE | R250 | Ons hou van die kleur van dié pragtige (en supersagte) oorgooidekens van Woolworths
GAWE GRYS | R799 | Dié warm deken van @home pas perfek by helder óf neutrale kleure
GERUITE RAKKER | R49,99 | Die tandruitpatroon van dié deken van Mr Price Home is nou baie gewild
JOU BESTE PELS | R2 499 | Tem die bibbernagte met ’n oorgooideken van kamma-pels van Loads of Living