Tuis  > Raak ontslae van pap bo-arms

Probeer gerus dié 3 oefeninge om fermer arms te kry – jy sal dankbaar wees as jy in die somer jou moulose hempies en rokke met selfvertroue kan dra

 

1. Oefen Jou Biseps

Staan met jou voete skouerbreedte uit mekaar en hou jou knee sag – moet dit nie stokstyf en reguit hou nie. Neem ’n 2.5 kg-gewig in elke hand (jy kan ook blikkies kos of ’n 1l-bottel vol sand of water gebruik) en laat jou voorarms vorentoe wys. 

David Martinez

Asem uit terwyl jy jou arms opwaarts buig en die gewigte na jou bors lig. Asem in terwyl jy die gewigte weer so ¾ laat sak en hou die gewigte daar vir so 5 sekondes voordat jy die beweging herhaal. (Moet dus nie die gewigte tot onder langs jou sye laat sak nie.)

Doen vyf stelle van 10 en probeer om elke week meer stelle te doen, of gebruik swaerder gewigte.

David Martinez

 

 

2. Oefen Jou Triseps

Neem ’n gewig in elke hand en lê plat op jou rug. Asem uit en lug jou arms op sodat jou hande reguit in die lug is, met palms na mekaar gedraai.

David Martinez

Asem in en buig jou arms sodat die gewigte tot langs jou ore sak. Beweeg net jou voorarms – maak seker dat jou elmboë stil bly en reguit op wys. Asem uit terwyl jy weer die gewigte oplig.

Doen twee stelle van 10 en doen na ’n paar dae meer stele of gebruik swaerder gewigte. 

David Martinez

3. Die Plank

Lê plat op jou maag en stut jou bolyf op jou elmboë deur op jou voorams te steun. Kyk grond toe en laat jou hande plat op die vloer lê.

David Martinez

Maak jou bene reguit en lig jou lyf van die grond af sodat jy op jou tone en voorarms balanseer. Moenie jou rug buig nie – maak jou maagspiere styf. Bly in die posisie vir solank jy kan en sak dan weer stadig grond toe.

Begin met twee stelle en doen dan geleidelik al meer.

David Martinez

 
Jy moet aanmeld of registreer
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe:

Marie Claire


Oprah Magazine


Cosmopolitan

Cosmopolitan


Women On Wheels

Women On Wheels


House & Leisure

House & Leisure