Tuis  > Hoe om ’n plat, gespierde maag te kry

Of jy nou van daardie oortollige maagvetjies ontslae wil raak en of jy net meer geoefende maagspiere wil hê, hierdie wenke sal jou help om ’n mooi, plat maag te kry

 

Die meerderheid oefeningplanne daar buite verskaf ’n wye reeks oefeninge wat lyk of dit al die gewone probleme behalwe ’n pap magie aanspreek. Daarby is ons middel(tjie)s ongelukkig een van die moeilikste areas om te versterk.

Ons het jou ook al gewys hoe om ’n stywer agterstewe en bobene te kry, sowel as hoe om van pap arms ontslae te raak. Nou het ons drie van die doeltreffendste maagoefeninge in die rondte bymekaargesit om jou te help om daardie plat magie wat jy so begeer, te bewerkstellig.

 

1. Oefeningbal-opsitte

Stof daardie oefeningbal wat die afgelope paar jaar agter in jou kas bly lê het, af en begin met die Oefeningbal-opsitte. Om die bal te gebruik, is doeltreffender as opsitte op die grond, wat meer van jou bene as van jou maagspiere gebruik maak.

Kom ons probeer:

  1. Plaas die bal onder jou laerug, plant jou voete stewig op die grond en plaas jou arms oor jou bors of agter jou kop vir ondersteuning.
  2. Lig jou bolyf van die bal af op terwyl jy jouself na jou heupe toe trek. Onthou om seker te maak dat die bal stabiel bly en nie rondrol tydens hierdie oefening nie.
  3. Sak weer stadig terug en herhaal 15 keer.

Fotobron: healthbiznbuzz.blogspot.com

 

2. “Planking”

Baie van julle het dalk al gehoor van “planking”. Dit beteken “om horisontaal, met jou gesig na onder, te lê”. Dié oefening sal nie net help om jou maagspiere en terselfdertyd ook jou kern te versterk nie, maar sal ook help om jou rugspiere sterker te maak en gevolglik jou postuur te verbeter.

Kom ons probeer:

  1. Lê met jou gesig na onder. Rus op jou voorarms en hou jou palms plat op die vloer.
  2. Druk jouself stadig van die vloer af op en ondersteun jouself deur op jou tone en voorarms te rus.
  3. Trek jou maagspiere styf om jou lyf in ’n reguit lyn te hou. Hou hierdie posisie tot 60 sekondes lank vol en herhaal 5 keer.

Fotobron: www.eastbaytrainer.com

 

3. Been-opsitte

Vertikale Been-opsitte is soortgelyk aan normale opsitte, maar jy moet jou bene regdeur hierdie oefening reguit hou, wat jou maagspiere dwing om die harde werk te doen.

Kom ons probeer:

  1. Lê op jou rug, strek jou bene reguit in die lug op en kruis jou knieë.
  2. Plaas jou hande agter jou kop en lig jou skouerblaaie van die grond af.
  3. Bring jou bene stadig nader aan jou gesig terwyl jy jou maagspiere inspan en jou kop en skouers dieselfde hoogte van die vloer af hou. Beweeg jou bene weer stadig terug totdat hulle ’n hoek van 90° met die vloer vorm. Herhaal 12 keer.

Fotobron: healthbiznbuzz.blogspot.com

 

 
Jy moet aanmeld of registreer
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe:

Marie Claire


Oprah Magazine


Cosmopolitan

Cosmopolitan


Women On Wheels

Women On Wheels


House & Leisure

House & Leisure