Verander storttyd in ’n bevredigende en vertroetelende ervaring met NIVEA se prikkelende nuwe stortjels, Powerfruit Refresh en Powerfruit Relax
Klim in die stort, weg van die woeste pas van jou besige lewe, en ontdek ’n paar oomblikke van ongestoorde vreedsaamheid, en klim weer uit as ’n nuwe mens. NIVEA se stortformules sluit in inspirerende geure, aangename teksture en koesterende bestanddele wat ontwerp is om storttyd in ’n bevredigende en vertroetelende ervaring te verander.
Die prikkelende nuwe stortjels, NIVEA Powerfruit Refresh en NIVEA Powerfruit Relax, sluit ekstrakte van verfrissende supervrugte in wat bekend is om hul besonderse rykheid aan voedingstowwe en antioksidant-krag, sowel as Vitamien C. Ná dié stortervaring sal jy “soos ’n nuwe mens” voel. As jy klaar gestort het, sal jou vel pragtig glad en sag voel, te danke aan NIVEA se innoverende Hydra IQ-voedingstegnologie.
Supervrugte is al jare lank die vrugtemandjie-supersterre omdat hulle baie groter hoeveelhede Vitamien C en voedingstowwe as konvensionele vrugte bevat. Voedselwetenskaplikes het ontdek dat bessies soos Acai, Goji, Bloubessie en Bosbessie die kragtigste is. NIVEA het nou ekstrakte van dié vrugte in hul nuwe Powerfruit-stortjelreeks ingesluit.
bevat Vitamien C van Bosbessies om die vel te verfris. Die vernuwende geur van Gojibessies inspireer die sintuie en gee jou daglank energie.
vertroetel die vel met antioksidante van Bloubessies. Die aangename geur van die Acaibessie kalmeer die gees en vernuwe die liggaam.
NIVEA Powerfruit Refresh en NIVEA Powerfruit Relax is beskikbaar by voorste kleinhandelaars en apteke. (R24.99 vir 250ml)