Tuis  > Weekly Newsletter > Bottom 1 > Vyf maniere om dikker hare met meer volume te kry

Probeer gerus dié beproefde wenke om jou hare meer oemf te gee

 

1. Knap korrek op

As jy fyn hare het, ruil jou opknapper vir ’n sproei-weergawe wat jy in jou hare kan los – dis baie ligter as gewone opknappers, sê Frank Barbosa, ’n stilis. Probeer Environ Intensive Hair and Scalp Tonic (R307) of John Frieda Full Repair Perfect Ends Deep Infusion (R79,99).

2. Span droë sjampoe in

Dié slim truuk sal jou hare behoorlik volume gee: gooi jou kop onderstebo en spuit droë sjampoe aan die wortels, pluis dan ’n bietjie met jou vingers. Die poeierdeeltjies verleen gewig aan jou hare. Probeer Lee Stafford Original Dry Shampoo (R94,99).

3. Blaas onderstebo droog

Bou volume soos jy jou hare droogblaas: buig jou kop onderstebo en borsel jou hare – begin by die wortels en beweeg langs die lengte van elke seksie af. Die hitte sal help om die wortels te set sodat dit só sal bly wanneer jy weer regop staan.

4. Koebaai haarsproei

Te veel haarsproei maak jou hare swaar. ‘Spuit dit net op die wortels en die kroon,’ sê Rodney Cutler, ’n haarstilis. Of slaan dit oor en gebruik liewer ’n produk wat wortels lig. Probeer Matrix Total Results Amplify Volume Wonder Boost Root Lifter (R130) of ghd Style Root Lift Spray (R195).

5. Haarkleuresel werk ook!

Kleur jy jou hare? Skep die illusie van dikker hare as jy donker hare het deur slegs jou paadjie te kleur om nuwe uitgroeisels en grys hare te bedek. ‘Wanneer hare een kleur is, lyk dit plat. Wortels wat ’n bietjie donkerder is, laat hare voller lyk,’ sê Aura Friedman wat die sterre se hare kleur. Probeer Cover Your Gray Root Touchup (R29,95, eksklusief by Dis-Chem).

 
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: