Ons wys stap vir stap hoe jy ‘n serp op vier verskillende maniere kan dra
Die Vals Knoop | 1. Drapeer die serp oor jou skouers sodat die punte voor gelyk hang | 2. Maak ’n knoop in een punt van die serp | 3. Trek die knoop stywer sodat dit nader aan jou nek sit | 4. Druk die ander punt van die serp deur die knoop en trek die knoop styf
Die Serp-met-’n-punt | 1. Drapeer die serp om jou nek sodat die langste punt oor jou een skouer hang | 2. Draai die lang punt ’n paar keer om jou nek, afhangende van hoe lank jou serp is | 3. Bind dan die twee punte op jou skouer vas. Maak nog ’n knoop as die punte te lank is | 4. Stylvol in ’n kits!
Die Franse Knoop | Drapeer die serp agterstevoor om jou nek sodat die punte oor jou rug hang | 2. Bring die punte vorentoe sodat die serp een keer om jou nek gedraai is | 3. Maak ’n los knoop en dan ’n stywer een | 4. Trek die serp sodat die knoop aan die kant van jou nek sit, en siedaar!
Dra jou serp soos’n onderbaadjie | 1. Drapeer die serp oor jou skouers sodat die twee punte voor gelyk hang. | 2. Bind die serp voor met ’n dun gordeltjie vas