Die Goeie Huishouding-span het sy 67 minute by die Yabonga Weltevreden Support Centre in Samora Machel deurgebring

Die Goeie Huishouding-span het besluit om sy 67 minute by die Yabonga Weltevreden Support Centre in Samora Machel deur te bring. Yabonga is ’n NSO wat ondersteuning, versorging en opvoeding bied aan mans en vroue wat HIV-positief is of wat op ’n ander wyse deur HIV/Vigs geraak word. Yabonga help hierdie mense ook om sekere vaardighede te aan te leer sodat hulle ’n positiewe lewe saam met hul gesinne kan lei. Behalwe vir ’n positiewe leefwyse, is dit ook vir Yabonga belangrik dat hierdie mense persoonlike groei toon én leer hoe om hul eie inkomste te genereer.
Die GH-span het besluit om ’n volhoubare groentetuin by die sentrum aan te plant. Dankie aan Starke Ayres, wat kompos en kunsmis geskenk het, asook die bekende ‘stedelike boer’ Matt Allison. Matt het ons ’n bietjie touwys gemaak en saad en saailinge saamgebring. Hy het ook belowe om oor ’n paar maande te gaan kyk hoe die oes vorder!

Kliek hier om nog foto’s te sien. Kyk gerus ook na Yabonga se foto’s van dié dag.