Jy kan nooit verkeerd gaan met strepe nie – of dit nou helderkleurig of vlootblou en wit is, dis in die kol
Onderstuk | Wees 'n bietjie waaghalsig en dra jou strepe onder - versag die voorkoms deur 'n wit toppie en roomkleurige skoene daarby te dra. | Stywe romp van Country Road @ R399
Bostukke | As jy bang is strepe sal jou figuur voller laat vertoon, maar jy wil dit steeds dra, trek dan 'n hemp met strepe by 'n effekleur broek aan. (Verkieslik 'n donker broek, soos swart of vlootblou.) | T-hemp van Mr Price @ R69,99; Bloes van Trenery @ R799
Skoene | Voeg 'n tikkie speelsheid by jou voorkoms deur 'n paar gestreepte skoene te dra. | Wighakke van 36Boutiques @ R359; Espadrille van Woolworths @ R160
Kop tot tone | Moenie bang wees om horisontale strepe te dra nie. 'n Swart baadjie of oopknooptrui, of selfs 'n donker denimbaadjie sal jou slanker laat vertoon. | Maksirok van Mr Price 89,99; Langmourok van Country Road @ R599