Put die meeste uit openbare vakansiedae deur vooruit te beplan en te bespreek
Wanneer: Vrouedag, 9 Augustus
Waarheen om te gaan:
Dié vissersdorpie aan die Kaapse Weskus is 15 km van Vredenburg af en is die perfekte plek om walvisse, dolfyne, robbe en pikkewyne te sien as jy op die sagte sandstrande gaan stap. Die Cape Columbine Nature Reserve is 3 km daarvandaan. Blyplek sluit grasdak-vissershuisies soos Die Vissershuisie in – hier sal jy walvisse en dolfyne uit jou sitkamer kan sien. Duintjie is ’n weelderige vissershuisie met blou vensterluike en slaapplek vir ses. As jy gelukkig is, kan jy die Weskus se blomme sien bloei.
Pryse en besprekings:
Die Vissershuisie Sowat R1 350 per nag vir vier mense. ☎ 083 445 4710.
Duintjie R1 100 per paartjie plus R150 per ekstra persoon per nag oor hierdie tydperk. ☎ 022 752 2217. Vir meer inligting, besoek www.wheretostay.co.za/wc/wco/accommodation/paternoster.php.
Niks klop die Mabula Game Lodge in die Waterberg, sowat twee ure se ry van Johannesburg en 600 km van Bloemfontein af, vir wild-kyk in ’n malaria-vrye gebied nie. Dié reservaat beslaan 12 000 hektaar en spog met die Groot Vyf en die meeste grootwildsoorte wat in die grasveld tuishoort. Die Leopard’s Rock Retreat, ’n selfsorg wildplaas, is ook ’n opsie. Dis ideaal geskik vir lang ente se stap en jy kan verwag om zebras, kameelperde, allerhande bok-soorte, vlakvarke en ’n groot verskeidenheid voëls te sien.
Pryse en besprekings:
Mabula Game Lodge R1 350 per volwassene per nag en R674 per kind tussen ses en 11. Drie maaltye en twee wild-kyk-ritte per dag is ingesluit. Kinders van vyf en jonger bly verniet. ☎ 014 734 7000 of besoek www.mabula.com/mabula-lodge.
Leopards Rock Retreat R300 per volwassene per nag; R150 per kind per nag. ☎ 014 717 1690 of besoek www.wheretostay.co.za/leopardsrockretreat.