
- Los 250 ml wassoda in 500 ml kookwater op. Meng 500 ml ongebluste kalk daarby. Die mengsel moet soos ’n dun pasta lyk. Let wel: Ongebluste kalk veroorsaak ’n hewige reaksie wanneer dit met water gemeng word. Wees baie versigtig as jy die stroper meng.
- Verf twee dun lae van die koue mengsel op die plek waar jy die verf wil verwyder.
- Skrop die verf 24 uur later af en spuit met ’n tuinslang skoon.
- Neutraliseer die oppervlak met gelyke dele asyn en water.
Bron: 1 000+ Wenke vir die Huis deur Solet Scheeres (Human & Rousseau)