Tuis  > Weekly Newsletter > Bottom 3 > Wenke vir ’n beter geheue

Drie strategieë wat jou verstand vlymskerp sal hou

 

Ons vermoë om nuwe inligting in ons geheue te stoor – en om dit dan weer op te roep  wanneer ons dit nodig kry – neem met die verloop van jare af.

 

Dié strategieë sal jou verstand vlymskerp (en ook gesond!) hou

 

1. Oefen om aandag te gee

Deur jouself te dwing om die fyner besonderhede van jou dag waar te neem en te herroep (Watter das het jou man aangehad? Het die kassier by die supermark haar hare vas of los gedra?), verskerp jy jou geheue. Onthou hierdie dingetjies, selfs al kry jy nooit weer daardie inligting nodig nie.

 

2. Kyk ’n fliek

of ontspan op watter manier ook al vir jou werk – ’n lang stap, ’n jogaklas, ’n geselsie met ’n vriendin. Streshormone kan inmeng met die vaslegging en oproep van inligting; namate jy ouer raak, word chronies verhoogde kortisolvlakke met die aantasting van die geheue verbind.

 

3. Daag jou verstand uit

Doen blokkiesraaisels, leer ’n nuwe musiekinstrument bespeel of leer ’n nuwe taal aan. Aktiwiteite wat ’n verstandelike uitdaging bied, bou nuwe skakels in jou brein en skep só “kognitiewe reserwes” wat jou geheue later in jou lewe kan beskerm.

 

Lees ook:

Organiseer jou lewe

Hou op uitstel

 
Jy moet aanmeld of registreer
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe:

Marie Claire


Oprah Magazine


Cosmopolitan

Cosmopolitan


Women On Wheels

Women On Wheels