Tuis  > Blyplek & Woonplek > Skep orde in jou kombuis

Ses wenke vir hoe om jou kombuis netjies te hou, plus slim planne vir meer rakspasie in jou ys- en vrieskas

 

Ses wenke vir hoe om orde in jou kombuis te skep:

1. Iets vir almal

Plaas ’n maandbeplanner iewers in jou kombuis waar dit maklik toeganklik is. ’n Dagboek werk ook. Kies ’n kleur per gesinslid en skryf dan hul buitemuurse aktiwiteite, afsprake, partytjies, ensovoorts, in die betrokke kleur neer.

 

2. Sê tot siens!

As jy na ’n maand of wat nog steeds nie die deksel gekry het nie, is die kanse skraal dat dit gaan verskyn. Gooi maar die bakkie weg, wend dit as iets anders aan of gee dit vir iemand wat dit kan gebruik.

 

3. Bak en terie

Plaas sponsies wat jy nounet skoongemaak het ’n paar sekondes lank in die mikrogolf – dit hou hul kiemvry.

 

4. Minder is meer

Moet niks onnodigs koop nie, en kies goed wat lank hou. Koop byvoorbeeld gehalte gietysterpotte, wat kos eweredig gaarmaak en lank goeie diens sal verskaf.

 

5. Knip uit en hou

Bêre al die Goeie Huishouding-resepte wat jy wil maak in plastiek-lêersakkies in ’n lêer. Bêre dié lêer by jou resepteboeke.

 

6. Mikro maar

’n Mikroveselmop gaar minder kieme op as die gewone katoenmop. Boonop hou dit langer.

 

Dié maklike wenke en truuks sal jou help om die spasie in jou vrieskas beter te benut:

1. Begin vars

Die heel eerste stap is om alles uit te haal. As dit soos Antarktika daarbinne lyk, moet jy jou vrieskas vir ’n halfuur lank uitprop; anders kan jy ’n spons wat in warm water geweek is inspan om die taai aanpaksels en yskristalle weg te skrop. As dit ’n klankie het, kan jy die kante en bodem met ’n mengsel van koeksoda en water afvee.

 

2. Bêre dit slim

Glashouers met lugdigte deksels is die ekovriendelikste manier om kos te bêre – en jy hoef boonop nie die kos in ’n ander houer oor te plaas voor jy dit in die mikrogolfoond wil verhit nie.

 

3. Dink aan porsiegrootte

Jy weet mos jy gaan nie daardie hele houer met ‘winskopie’-hoenderstukke op een slag voorberei nie, so verpak elke stuk individueel in foelie of kleefplastiek en plaas dit dan in ’n houer. Dieselfde geld vir sop en souse: verdeel dit in realistiese porsies voordat jy dit vries – dit sal beter proe en vinniger ontdooi.

 

4. Hou boek van die kwaad

Hou ’n rol maskeerband en ’n merkpen in ’n laai naby die vrieskas. Skryf elke keer wanneer jy iets vries neer wat dit is, saam met die datum en plak dit op.

 

Wen rakspasie in jou yskas:

  1. Moenie dat blikkies, kartonhouers en enkel-opdienhouers of koeldranke kos wat móét koud bly, van hul plek beroof nie; skuif bottels en blikkies na die spens of kruidenierskas. Gebruik ys om dit af te koel wanneer jy dit benodig.
  2. Berg kos in vierkantige plastiekhouers wat opmekaar stapel pleks van ronde houers; jy sal só meer kos kan bêre.
  3.  Bêre oorskiet as individuele porsies in herseëlbare sakkies pleks daarvan dat jy dit in groot houers bêre wat te veel plek in beslag neem.
 
Jy moet aanmeld of registreer
Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe:

Marie Claire


Cosmopolitan

Cosmopolitan


Women On Wheels

Women On Wheels