
Kledingstof/materiaal
1 Krap die oorskot piesang af.
2 Spoel met lopende koue water af.
3 Was – gebruik baie warm water en bleikmiddel wat veilig is vir die tipe materiaal.
Stoffering/bekleedsel
1 Krap die oorskot piesang af.
2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koel water.
3 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met die oplossing af.
4 Klad op die vlek tot droog.
5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.
6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.
Matte
1 Krap die oorskot piesang af.
2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.
3 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met die opwasmiddeloplossing af.
4 Klad op die vlek tot droog.
5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn of heeltemal droog is.
6 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met twee koppies
warm water (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).
7 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.
8 Klad daarop tot droog.
9 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.