Melanoom – Die ware risikofaktore

Hoewel ons almal voorsorg teen velkanker moet tref, moet diegene wat ’n besonder hoë risiko loop om melanoom – die dodelikste vorm van dié siekte – op te doen, nóg meer op hul hoede wees

Hoewel ons almal voorsorg teen velkanker moet tref, moet diegene wat ’n besonder hoë risiko loop om melanoom – die dodelikste vorm van dié siekte – op te doen, nóg meer op hul hoede wees.

 

Wat plaas jou in daardie kategorie?

 

Nadat hulle 43 verskillende eienskappe in 300 pasiënte met melanoom en 300 gesonde persone bestudeer het, het navorsers by die NYU Langone Medical Center gevind dat daar ses faktore is wat die swaarste tel:

 

  1. ’n geskiedenis van erge sonbrand met blase as ’n tiener;
  2. rooi of blonde hare;
  3. opvallende sproete op die boonste gedeelte van die rug;
  4. ’n familiegeskiedenis van melanoom;
  5. ’n geskiedenis van aktiniese keratoses (horingagtige veluitgroeisels) – wat as die eerste stadium in die ontwikkeling van velkanker beskou word;
  6. vakansiewerk in die buitelug vir drie jaar of meer as ’n tiener.

 

As jy een van hierdie faktore het, verhoog jou risiko om melanoom te ontwikkel met tot 200 – 300%. Twee faktore: 500 – 1 000%. Met drie of meer faktore is dit ’n skrikwekkende toename van tot 2 000%.

 

Beskerm jouself

Wend elke dag sonskerm aan, besoek ’n dermatoloog jaarliks, en besoek jou dokter sodra jy ’n nuwe moesie raaksien of agterkom dat een van kleur of vorm verander. Ons beveel dié sonrome aan.

  • aewalsh@yahoo.com

    Now i am scared but whats done is done.

  • snitzelpie

    I have heard for ages how bad the sun’s rays are, but this article has made me want to go out and purchase a sun block for my entire body asap. So often we are concerned about our faces, but forget that our entire body, which gets exposed to the sun, needs to be protected.

We are a leading independent publisher of women's media brands in South Africa. Visit our other websites.

Follow Us

Don't miss our free newsletter

By providing your email address above you agree to the Good Housekeeping Terms and Conditions.