Hoe om jou huis skoon en vars te laat ruik

Maklike wenke en oplossings vir hoe om jou huis skoon en vars te laat ruik

Ons probeer almal om ons huise vars en skoon te laat ruik. Tog is daar baie dinge wat jou huis effe muf kan laat ruik, veral as jy vir ’n rukkie weg was. Hier is ’n paar eenvoudige oplossings vir hoe om van ongewensde reuke ontslae te raak:

 

Spuit-spuit

Sproei jou kussings, lakens en gordyne met ’n spesiale sproei vir linne. Ons hou van Ambi Pur Puresse Aerosol in Airfreshener en Cotton. (R30,99 vir 300 ml by Pick n Pay)

Maak mooi

Sit kaneelstokkies, naeltjies en heel neutmuskaat in ’n mooi bakkie of bord. Dis ’n maklike en vinnige manier om jou huis lekker te laat ruik.

Dis g’n strooi

Strooi ’n bietjie koeksoda op jou matte en wag so 15 minute voordat jy dit soos gewoonlik met die stofsuier skoonmaak.

Jy kan ook Burgess & Finch Essentail Oils probeer. Ons is mal oor die laventel. Die reuk van laventel sal jou laat ontspan en boonop is laventel ook goed vir baie ander dinge, soos hoofpyn, slaaploosheid én dit hou selfs insekte weg. Besoek  www.burgessandfinch.co.za vir meer inligting.

 

 

 

  • CarlaV

    Love your ‘spruce it’ spices suggestions – so simple yet so inviting !

We are a leading independent publisher of women's media brands in South Africa. Visit our other websites.

Follow Us

Don't miss our free newsletter

By providing your email address above you agree to the Good Housekeeping Terms and Conditions.