Tuisgemaakte verfstroper

Rek jou rande deur sélf verfstroper te maak met bestanddele wat heel bekostigbaar is

 

  1. Los 250 ml wassoda in 500 ml kookwater op. Meng 500 ml ongebluste kalk daarby. Die mengsel moet soos ’n dun pasta lyk. Let wel: Ongebluste kalk veroorsaak ’n hewige reaksie wanneer dit met water gemeng word. Wees baie versigtig as jy die stroper meng.
  2. Verf twee dun lae van die koue mengsel op die plek waar jy die verf wil verwyder.
  3. Skrop die verf 24 uur later af en spuit met ’n tuinslang skoon.
  4. Neutraliseer die oppervlak met gelyke dele asyn en water.

 

Bron: 1 000+ Wenke vir die Huis deur Solet Scheeres (Human & Rousseau)

Loading...