Drie maniere om groener tuin te maak

Deur die manier waarop jy tuinmaak te verander sal jy nie net geld spaar nie, maar ook die planeet help red

In sy boek ‘Going Green: 365 Ways To Change Our World’, maak die bekende Suid-Afrikaanse weerman Simon Gear ons bewus van herwinningstelsels en –dienspunte in Suid-Afrika waarvan die meeste van ons nie eens geweet het nie. Met Gear se wyshede is dit so maklik soos 1,2,3 om ’n groener leefstyl te volg.

 

Hier gee hy drie eenvoudige maniere hoe jy kan help om die planeet te red deur jou manier van tuinmaak te verander: 

 

Maak net tuin nat as jou plante dit regtig nodig het

Dink daaran dat om jou tuin nat te maak, is soos ’n mini-reënstorm waarvoor jý betaal. Hoeveel van die plante in jou tuin is aangepas vir areas waar dit daagliks (of selfs weekliks) reën? Ek raai die antwoord is ‘geen’. Daar is regtig geen rede waarom jy ’n tydmeter moet stel om jou plante met water te besproei nie, ongeag of die son skyn. Vra jou plaaslike kewery vir raad oor hoe gereeld die plante in jou tuin wérklik water nodig het. Ek dink jy sal verbaas wees om te hoor dat jy hopeloos te veel water gee, veral as jy gebruik maak van ’n besproeïngstelsel wat aan ’n tydmeter gekoppel is.

 

Maak jou eie komposhoop

Enige ekosisteem werk in ’n siklus. As jy aanhou om voedingstowwe uit die sisteem te verwyder (deur tuinafval weg te gooi of groente te oes), sal jy een of ander tyd geld moet spandeer om weer terug te sit wat jy verwyder het. Dit maak dus sin om ’n hoekie in jou tuin uit te sit wat jy as ’n komposhoop kan gebruik. Jy sal ’n  hele paar rand spaar as jy nie geld op duur kunsmis hoef uit te gee nie. Boonop sal jy die omgewing ’n guns bewys deur jou tuin- en kombuisafval te hou waar dit hoort – in die grond!

 

Kweek jou eie groente

So, jy het reeds suksesvol ’n kruietuin begin en het nou gereeld vars basielkruid, roosmaryn, origanum en selfs laventel. Jy behoort genoeg groente vir ’n gesin van vier te kan kweek op ’n oppervlak van 2m² of 3 m². Om groente te kweek is ’n bietjie ingewikkelder as kruie aangesien jy – onder meer – gereeld moet oes. Dis egter baie meer belonend en bevredigend om iets te eet wat jy self geplant, versorg en geoes het. Begin klein met iets soos ’n suurlemoenboom, ’n paar kersietamaties en dalk selfs ’n paar rye boontjies. As die gogga jou eers gebyt het, sal jy binnekort ál meer wil aanpak.

 

Kry nóg tuinmaakwenke hier, en sien ook wat elke tuinier móét hê.

We are a leading independent publisher of women's media brands in South Africa. Visit our other websites.

Follow Us

Don't miss our free newsletter

By providing your email address above you agree to the Good Housekeeping Terms and Conditions.