Tuin-doenlysie vir April

Wat om nóú te plant, saai en oes. Plus, hoe om jou tuin vir die winter voor te berei

April is net om die draai en ons kan reeds aan die natuur sien dat die seisoene besig is om te draai. Herfs dui die begin van die oorgang van somer na winter aan en dit herinner ons daaraan dat ons ons tuine op die koue moet voorberei.

 

Jou moet-doen lysie vir April:

  • Wag totdat die eerste herfsreën geval het voordat jy jou tuin bemes.
  • Plant nuwe struike en bome in jou tuin uit terwyl die grond nog warm en vogtig is. As jy dit nóú plant, sal dié plante reeds goed gevestig wees wanneer die lente aanbreek.
  • Begin solank dink oor en beplan aan hoe jou tuin in die lente moet lyk. Dis nóú die tyd om jou bolle te plant.
  • April is ook ’n goeie tyd om jou meerjarige plante te verdeel.
  • Gebruik al daardie blare wat die bome nou afksud om jou eie kompos mee te maak.

 

Wat om nóú te plant:

  • Sade: pronkertjies, Namakwalandse eenjariges (madeliefies, moederskoentjies [nemesia], bloumagriete [felicias])
  • Saailinge: vilette, viooltjies, Yslandse papawers
  • Groente: wortels, beet, blaarslaai, beetspinasie (blaarbeet)
  • In potte: petunias

 

Daar is ‘n hele paar goed wat jy in April in jou tuin of groentetuin kan doen. Die bekende skrywer en blogger Jane Griffiths sê: ‘April is ‘n lekker tyd om in die tuin doenig te wees – dis nie te koud of te warm nie.’

 

Jane se wenke vir jou groentetuin:

  • Oes en verwyder jou laaste paar somergroente.
  • Plant wintersaailinge oor en bedek hulle goed.
  • Saai grondbedekkers in die dele waar jy nie nou weer iets gaan plant nie.
  • Maak jou tuin steeds goed nat in droë weer.

Besoek www.janesdeliciousgarden.com vir nog wenke en idees vir jou tuin.

We are a leading independent publisher of women's media brands in South Africa. Visit our other websites.

Follow Us

Don't miss our free newsletter

By providing your email address above you agree to the Good Housekeeping Terms and Conditions.