Wanneer jy hoender in lemoensap gaarmaak, verleen dit nie net ’n heerlike soet geur aan die vleis nie, maar jy het ook nie nodig om ekstra olie te gebruik nie
Genoeg vir: 4 Totale Tyd: 55 min Voorbereiding: 15 min
Bestanddele
3 groot wortels, grofgekap in 2 cmstukke
2 rooi-uie, elk in 8 wiggies gesny
½ e komynsaad
1 e olyfolie
skil en sap van 1 lemoen
8 hoenderdye, vel en bene verwyder
50 g gedroogde appelkose, gekap
Aanwysings
Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die wortels, uie, komynsaad, olyfolie, lemoenskil en –sap, ’n titseltjie water en geurmiddels in ’n braaipan en meng goed.
Rooster dit vir 15 minute of tot die wortels net-net sag is. Sit die hoender en gedroogde appelkose by en bak vir ’n verdere 25 minute of tot die hoender gaar en die groente sag is. Bedien saam met koeskoes, slaai of bros brood wat die sappigheid lekker kan opsuig.
ELKE PORSIE 1 160 kJ, 12 g vet (3 g versadigde vet), 16 g koolhidrate (14 g totale suiker).