Verdubbel die romerige hoendermengsel om ’n heerlike, gesonde pasteivulsel te maak
Genoeg vir: 4 Totale Tyd: 55 min Voorbereiding: 15 min
Bestanddele
1 e kookolie, plus ekstra vir die patats
4 groot soetpatats
1 e koekmeel
250 ml laevetmelk
½ e volgraan-mosterd
2 ontvelde, gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
1 dragon-takkie, fyngekap, plus ekstra vir garnering
50 g babaspinasie
Aanwysings
Voorverhit die oond tot 220°C. Verf ’n bietjie olie oor die soetpatats en plaas dit op ’n bakplaat en bak vir 35 tot 40 minute of tot deurgaar. (’n Mes behoort maklik deur die patats te gaan.)
Maak die hoendersous sowat 10 minute voordat die patats gaar behoort te wees. Verhit die olie op medium hitte in ’n klein pannetjie, roer die meel by en kook vir sowat 1 minuut. Verwyder van die hitte en voeg die melk geleidelik by tot die mengsel mooi glad is. Plaas dit terug op die stoof en bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer. Laat die sous vir 3 minute lank prut; gooi die mosterd by en dan die hoender. Kook vir 2 tot 3 minute of totdat die hoender kokend is, roer dan die dragon en spinasie by. Toets vir geur.
Haal die soetpatats uit die oond en sny dit in die helfte deur. (Moenie dit heeltemal deursny nie.) Trek die helftes liggies uit mekaar en verdeel die vulsel eweredig tussen die patats. Bedien met groen groente of ’n slaai.
ELKE PORSIE 1 520 kJ, 7 g vet (2 g versadigde), 54 g koolhidrate (16 g totale suiker).