Dié vinnige hoofgereg is propvol seisoenale geure en bevat min versadigde vette, min kilojoules en hope vesel, so jy kan weglê sonder om skuldig te voel
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.Rangskik die hoender daarop en vryf dit in met ½ t gemmer en sprinkel ’n knippie sout en ¼ t peper oor. Rooster dit vir 12 tot 15 minute of tot gaar.
Skil intussen die lemoen, verwyder die pitte en gooi dit weg. Maak snytjies aan albei kante van die vliese om die skyfies te verwyder; plaas die helfte van die lemoenskyfies in ’n mediumgrootte kastrol. Druk die sap van die oorblywende lemoenmembrane in die kastrol uit.
Voeg die seldery, sprietuie, asyn, oor-blywende ¼ teelepel gemmer en ’n knippie sout in dieselfde kastrol by. Verhit tot kookpunt en verlaag dan die hitte en laat prut vir 7 minute of tot die seldery bros-gaar is, roer af en toe. Verwyder van die hitte; roer die koljander en die oorblywende lemoenskyfies by.
Kook die koeskoes soos op die verpakking aangedui. Bedien hoender met koeskoes en lemoensous.
ELKE PORSIE Sowat 1 339 kJ, 30 g proteïen, 45 g koolhidrate, 3 g totale vet (1 g versadigde vet), 8 g vesel, 63 mg cholesterol, 245 mg natrium.