Tuis  > Resepte > Dr. Oz se warm Franse lensieslaai
 
Dr. Oz se warm Franse lensieslaai

Jy kan dié lekker slaai as ’n hoof- óf bygereg geniet

 
Genoeg vir:
Totale Tyd:
Voorbereiding:
 
 
 

Bestanddele

  • 200 g groen (puy)-lensies, onsuiwerhede uitgehaal en afgespoel
  • 3 takkies vars origanum, plus ¼ teelepel gekapte blare
  • 1 medium ui
  • 3 groot selderystingels
  • 2 groot soetrissies (rooi, oranje of geel)
  • 2 e ekstrasuiwer olyfolie
  • sout en peper
  • 3 e rooiwynasyn
  • 1 e vars gekapte dille, plus ekstra vir garnering
  • 170 g babaspinasie
  • ½ koppie fetakaas, gekrummel
 

Aanwysings

  1. Meng die lensies, origanumtakkies en 3 koppies water in ’n klein pot. Bedek en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut stadig vir 25 tot 30 minute of tot sag.
  2. Kap intussen die uie, seldery en soetrissies. Verhit 1 e olyfolie in ’n braaipan en voeg die uiemengsel by; braai vir 7 tot 8 minute of tot sag, roer gereeld. Voeg die soetrissies, 2 eetlepels water en ’n ¼ teelepel elk sout en peper by. Braai vir 5 minute of tot die soetrissies gaar maar nog bros is, roer gereeld.
  3. Dreineer die lensies, gooi die takkies weg en gooi dit in ’n bak. Voeg asyn, dille, origanumblare, uiemengsel, ¼ teelepel elk van die oorblywende sout en peper en die res van die olie by.
  4. Verdeel die spinasie tussen 4 opdienborde, skep die lensiemengsel bo-oor. Rond dit af met fetakaas en garneer met dille.

 

Elke Porsie Sowat 1 423kJ, 16g proteien, 47g koolhidrate, 12g totale vet (3g versadigde vet), 13g vesel, 13mg cholesterol, 565mg natrium.

 
Jy moet aanmeld of registreer
 Resepte, Vegetaries 

Jammer, u soektog lewer geen resultate op nie

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: