Tuis  > Resepte > Gesinsetes > Viskrummel met kruie
 
Viskrummel met kruie

Voeg kammossels by hierdie trooskos om dit ’n tikkie luukser te maak

 
Genoeg vir:
Totale Tyd:
Voorbereiding:
 
 
 

Bestanddele

  • 1½ e olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 vinkelbol, fyngekap
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
  • 2 t gedroogde basiliekruid
  • 150 g ciabatta-brood, in stukke gebreek
  • ’n groot hand vol vars pietersielie, gekap
  • 500 g stokvis, kabeljou of enige ander witvis
 

Aanwysings

  1. Voorverhit die oond tot 220°C. Verhit ½ teelepel olyfolie in ’n groot pan en braai die uie en vinkel vir 8 minute of tot dit begin sag word.
  2. Voeg die tamaties en gedroogde basilie by en bring tot kookpunt. Laat dit vir 10 tot 15 minute prut of tot die sous dik is. Meng intussen die stukke brood, oorblywende olie en helfte van die pietersielie in ’n groot bak saam.
  3. Voeg die vis, in blokkies gesny, by die tamatiesous en prut vir 5 minute of tot net gaar. Roer die oorblywende pietersielie by, toets vir geur en skep die mengsel in ’n oondbestande bak van 2 liter. Bedek met die brood en bak vir 10 tot 12 minute of tot dit borrel en goudbruin is. Bedien met ’n groenslaai.

Elke porsie 1 181 kJ, 7 g vet (1 g versadigde vet), 29 g koolhidrate (9 g totale suiker).

 
Jy moet aanmeld of registreer
 Hart-vriendelik, Resepte 

Jammer, u soektog lewer geen resultate op nie

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: