Tuis  > Resepte > Gesinsetes > Mexikaanse beesvleisgebak
 
Mexikaanse beesvleisgebak

Die tortilla-bolaag maak hierdie gereg ’n gunsteling onder kinders!

 
Genoeg vir:
Totale Tyd:
Voorbereiding:
 
 
 

Bestanddele

  • 1 e sonneblomolie
  • 1 groot ui, fyngekerf
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 tot 2 groen brandrissies, saadjies uitgehaal en fyngekerf
  • 400 g-blik fyngekapte tamaties
  • 410 g-blik rooibone, gedreineer en afgespoel
  • ’n groot hand vol vars koljanderblare, grofgekap
  • 100 g tortillaskyfies (ons s’n was liggies met sout gegeur)
  • 50 g beleë Cheddarkaas, gerasper
  • suurroom, om te bedien
 

Aanwysings

  1. Verhit olie in ’n groot pan en braai die uie oor stadige hitte vir 10 minute of tot dit sag is. Draai die hitte hoër en gooi die maalvleis by; braai vir ongeveer 10 minute of tot al die vleis verkleur het.
  2. Voeg die brandrissies, tamaties, bone en al die geurmiddels by en kook vir 5 minute. Gooi die koljander by en geur. Skep die gereg in ’n opdienbak.
  3. Voorverhit die roosterlement tot medium hitte. Gooi die tortillaskyfies oor die vleis en rooster tot die kaas smelt. Bedien dadelik met suurroom en ’n kraakvars groenslaai.

ELKE PORSIE (sonder die suurroom en slaai) 2 194 kJ, 31 g vet (12 g versadigde vet), 29 g koolhidrate (5 g totale suiker).

 
Jy moet aanmeld of registreer
 Resepte 

Jammer, u soektog lewer geen resultate op nie

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: