Dié vullende burger van bone is propvol proteïene en smaak. Dis so vullend dat selfs vleisliefhebbers nie sal kla nie
Genoeg vir: 4 Totale Tyd: 30 min Voorbereiding: 20 min
Bestanddele
410 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
410 g-blik nierboontjies, gedreineer en afgespoel
150 g suikermielies
2 e gekerfde jalapeño-rissies
’n hand vol gekapte koljanderblare, plus ekstra vir garnering
2 medium eiers
75 g vars of gedroogde witbroodkrummels
1 e olyfolie
Om te bedien
4 hamburgerrolletjies (gerooster, indien verkies)
1 avokado, geskil, ontpit, in skywe gesny
4 t suurroom
4 t tamatiesalsa
Aanwysings
Gooi die eerste vyf bestanddele en genoeg geurmiddels saam in ’n voedselverwerker en pols tot goed gemeng, maar steeds met ’n growwe tekstuur. Gooi dit in ’n groot bak en roer die eiers en broodkrummels by. Vorm vier hamburger-vleiskoekies (patties).
Verhit olie in ’n groot kleefvrye pan; braai die vleiskoekies liggies vir 8 tot 10 minute en draai dit een keer versigtig om, braai tot goudbruin en deurwarm.
Bedien die burgers op broodrolletjies, sit die avokadoskyfies bo-op, en rond af met ’n skeppie suurroom en tamatiesalsa.
Elke porsie 2 336 kJ, 18 g vet (4 g versadigde vet), 80 g koolhidrate (11 g totale suiker).