Tuis  > Resepte > Witboneslaai
 
Witboneslaai

Gebruik enige ou brood wat jy in die huis het om dié slaai waar alles net bymekaar gegooi word, te maak. Voeg eenvoudig ’n bietjie gaar oorskiet-hoender by as jy ’n vleiserige smakie daarby verlang

 
Genoeg vir:
Totale Tyd:

 
 
 

Bestanddele

  • ½ e rooiwynasyn
  • 2 e ektrasuiwer olyfolie
  • ½ rooikool
  • 2 murgpampoentjies
  • 410 g-blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
  • 410 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
  • ½ rooi-ui, fyngekap
  • 100 g ongesnyde, ou brood, in stukke gebreek
  • 125 g laevet-mozzarellakaas, in skaafsels gerasper
  • ’n hand vol basilieblare, gekap
 

Aanwysings

  1. Meng die rooiwynasyn en olyfolie saam met genoeg geurmiddels en ’n spatseltjie water in ’n bakkie.
  2. Sny die binneste harde gedeelte van die kool uit en kap die blare in fyn stukkies voordat jy dit in ’n slaaibak gooi. Gebruik ’n y-vormige groenteskiller en kerf die murgpampoentjies in lang repe en voeg dit by die kool in die bak. Voeg die oorblywende bestanddele en die slaaisous by, meng goed deur en bedien.

Elke porsie 1 448kJ, 13g vet (5g versadigde), 40g koolhidrate (6g totale suiker).

 
Jy moet aanmeld of registreer
 Resepte, Vegetaries 

Jammer, u soektog lewer geen resultate op nie

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: