Tuis  > Vlekverwyderaar > D-K > Oogomlyner

Oogomlyner

image

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf met voorwas-vlekverwyderaar.

2 Was.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Met ’n skoon wit lap, spons die vlek met ’n droogskoon-oplosmiddel af.

2 Klad daarop tot droog.

3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

OF

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

2 Met ’n skoon wit lap, spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Matte

1 Met ’n skoon wit lap, spons die vlek met ’n droogskoon-oplosmiddel af.

2 Klad daarop tot droog.

3 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

4 Spons die vlek met die oplossing af.

5 Klad daarop tot droog.

6 Herhaal stappe 4 en 5 tot die vlek verdwyn of heeltemal droog is.

7 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met ½ koppie warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).

8 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

9 Klad daarop tot droog.

10 Herhaal stappe 8 en 9 tot die vlek verdwyn of droog is.

11 As die vlek nie verdwyn nie, meng een teelepel witasyn met een koppie warm water. Spons die vlek met die oplossing af. Klad tot droog.

12 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: