
Kledingstof/materiaal
1 Spoel die vlek onder lopende koue water.
2 Meng een eetlepel witasyn en ½ teelepel vloeibare wasmiddel met een liter warm water. Week die vlek in die oplossing vir 15 minute.
3 Spoel met koue water.
4 As die vlek nie verdwyn nie, spons met vlugtige alkohol af en spoel deeglik.
6 Was met chloorbleikmiddel, as dit veilig is vir die tipe materiaal.
Stoffering/bekleedsel
1 Meng een eetlepel witasyn met ⅔ koppie vlugtige alkohol.
2 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
3 Klad op die vlek tot droog.
4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.
5 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.
Matte
1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.
2 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.
5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met 2 koppies warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).
6 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.
7 Klad daarop tot droog.
8 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.