
Kledingstof/materiaal
1 Behandel met ‘n voorafwas-vlekverwyderaar
2 Was met die warmste water wat geskik is vir die soort materiaal.
Stoffering/bekleedsel
1 Krap die oortollige haaropknapper af.
2 Sprinkel bakpoeier, maizena of ʼn ander absorbeerstof op die vlek. Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.
3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ʼn droogskoon-oplosmiddel af.
4 Klad daarop tot die skoonmaakmiddel geabsorbeer is.
5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.
Matte
1 Krap die oortollige haaropknapper af.
2 Sprinkel bakpoeier, maizena of ʼn ander absorbeerstof op die vlek. Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.
3 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met ʼn droogskoon-oplosmiddel af.
4 Klad tot die droogskoon-oplosmiddel geabsorbeer is.
5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water. Spons die vlek met hierdie oplossing af. Klad dan tot droog.
6 Spons met koue water af en klad tot droog.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.