Tuis  > Vlekverwyderaar > R-Z > Tamatiesous

Tamatiesous

image

Kledingstof/materiaal

1 Werk van die agterkant af, spoel die vlek onder lopende koue water.

2 Behandel vooraf met ‘n vloeibare vlekverwyderaar, klad die vlek en laat staan vir ‘n paar minute.

3 Spoel goed uit.

4 Spons met witasyn af.

5 Spoel weer goed uit.

6 Herhaal stappe 2 tot 5 tot soveel moontlik van die vlek verwyder is.

7 Behandel met ‘n voorafwas-vlekverwyderaar en was daarna.

8 As die vlek nie verdwyn het nie, vryf vloeibare wasmiddel daarop en week dan vir 30 minute in warm water.

9 Was weer, met bleikmiddel in die waswater, indien nodig.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Spons met koue water af.

2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

4 Klad daarop tot dit droog is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

6 Spons met koue water af en klad tot droog.

 

Matte

1 Spons met koue water af.

2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

4 Klad daarop tot dit droog is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn of droog is.

6 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met ½ koppie warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie − die dampe is gevaarlik).

7 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

8 Klad daarop tot droog.

9 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: