
Kledingstof/materiaal
Vir vars vlekke
1 Krap die oorskot verf af.
2 Gebruik ’n skoon wit lap en klad soveel moontlik van die verf op.
3 Spoel. MOENIE die materiaal laat droogword nie.
4 Plaas die materiaal, met die vlek na onder, op ’n hoop papierhanddoeke of lappe. Klad met terpentyn. Klad die vlek om die verf te help verkrummel. Herhaal, maar vervang die papierhanddoeke of lap tot geen verdere verf verwyder kan word nie.
5 Behandel die oorblywende vlek met opwasmiddel en week oornag.
6 Spoel deeglik.
7 Was.
8 As daar nog ’n vlek oorbly, behandel dit met ’n voorwas-vlekverwyderaar en was.
Vir ou vlekke
1 Maak die vlek sag deur dit te behandel met die produk wat die verf vervaardiger, vir die verdunning van verf, voorstel. (Verwys na die aanwysing op die verfblik).
2 Sodra die vlek sag is, behandel soos vir vars vlekke, stappe 2 tot 8 hierbo.
Stoffering/bekleedsel en matte.
Vir vars vlekke
1 Krap oorskot verf af.
2 Gebruik ’n skoon wit lap en klad soveel moontlik van die verf op.
3 Gebruik ’n skoon wit lap en klad die vlek met terpentyn. Klad die vlek om dit te help oplos.
4 Gaan voort deur die aanwending van terpentyn op die vlek, klad gereeld tot die verf verwyder is.
5 Spons die vlek met waterlose handskoonmaakmiddel.
6 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.
7 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
8 Klad tot droog.
9 Herhaal stappe 7 en 8 tot die vlek verwyder.
10 Spons met koue water af en klad tot droog.
Vir ou vlekke
1 Maak die vlek sag deur dit te behandel met die produk wat die verf vervaardiger voorstel vir die verdunning van verf (verwys na die aanwysing op die verfblik).
2 Sodra die vlek sag is, behandel soos vir vars vlekke, stappe 2 tot 10.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.