
Kledingstof/materiaal
1 Spoel die vlek, van die agterkant af, onder lopende koue water.
2 Behandel vooraf met ‘n vloeibare wasmiddel, klad en laat staan vir ‘n paar minute.
3 Spoel deeglik.
4 Spons met witasyn af.
5 Spoel deeglik.
6 Herhaal stappe 2 tot 5 tot soveel moontlik van die vlek verwyder is.
7 Behandel vooraf met voorwas-vlekverwyderaar.
8 Was dan.
9 As die vlek nie verdwyn nie, vryf ‘n vloeibare wasmiddel daarop en week dan vir tot 30 minute, in warm water.
10 Was weer, met ‘n bleikmiddel wat geskik is vir die materiaal, indien nodig.
Stoffering/bekleedsel
1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
2 Klad op die vlek tot dit droog is.
3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek vedwyn of daar nie meer van die vlek deur die lap geabsorbeer word nie.
4 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.
5 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
6 Klad daarop tot droog.
7 Herhaal stappe 5 en 6 tot die vlek verdwyn het.
8 Spons met koue water af en klad tot droog.
Matte
1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.
2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met 1/2 koppie koue water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik.)
5 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.
6 Klad daarop tot droog.
8 Spons met koue water af en klad tot droog.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.