
Kledingstof/materiaal
1 Krap die oorskot grondboontjiebotter af.
2 Behandel vooraf met ’n voorwas-vlekverwyderaar.
3 Was, met die warmste water wat veilig is vir die materiaal.
Stoffering/bekleedsel
1 Krap die oorskot verf af.
2 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met ’n droogskoon-oplosmiddel af.
3 Klad tot droog.
4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.
Matte
1 Krap die oorskot verf af.
2 Gebruik ’n oogdrupper en wend ’n bietjie asetoon aan. (Waarskuwing: Moet nie asetoon op materiaal gebruik wat asetaat of tri-asetaat bevat nie. Dit sal die vesels smelt.)
3 Klad onmiddellik.
4 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.
5 Klad op die vlek tot die oplossing geabsorbeer is.
6 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water. Spons die vlek met die oplossing af. Klad tot die oplossing geabsorbeer is.
7 Spons met koue water af en klad om die oplossing te absorbeer.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.