Tuis  > Vlekverwyderaar > L-Q > Pere

Pere

image

Kledingstof/materiaal

1 Krap die oorskot peer af.

2 Spoel onder lopende koue water.

3 Behandel vooraf met ’n voorwas-vlekverwyderaar.

4 Was, met die warmste water en tipe bleikmiddel wat veilig is vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Krap die oorskot peer af.

2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

3 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

4 Klad tot dit droog is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Matte

1 Krap die oorskot peer af.

2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

3 Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

4 Klad op die vlek tot dit droog is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn of droog is.

6 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met twee koppies warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik.)

7 Spons die vlek met die ammoniakmengsel af.

8 Klad daarop tot droog.

9 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: