Tuis  > Vlekverwyderaar > L-Q > Stuifmeel

Stuifmeel

image

Kledingstof/materiaal

1 Skud die kledingstuk liggies, om soveel moontlik van die stuifmeel te verwyder.

2 Gebruik die taai kant van ‘n stukkie kleeflint, om versigtig die oorskot van die stuifmeel te verwyder of stofsuig dit uit die materiaal. Moet dit nie vryf nie.

3 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.

4 Was met ‘n bleikmiddel wat veilig is vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Stofsuig die stuifmeel uit.

2 Gebruik die taai kant van ‘n stukkie kleeflint om versigtig die oorskot van die stuifmeel te verwyder.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

4 Klad daarop tot droog.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 Stofsuig die stuifmeel af.

2 Gebruik die taai kant van ‘n stukkie kleeflint om versigtig die oorskot van die stuifmeel te verwyder.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

4 Klad daarop tot droog.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

 

Borsel Stuifmeel

Moet nie jou hand gebruik om die stuifmeel af te vee nie. Jy kan dalk die stuifmeel invryf in plaas van af te vee. Die olie van jou vel mag ook net dalk die vlek vererger en moeiliker maak om te verwyder.

Die moeite werd om te probeer

As daar nog van die stuifmeel oorbly, plaas die item vir ‘n paar uur in die direkte sonlig en die vlek mag dalk verdwyn.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: