Tuis  > Vlekverwyderaar > R-Z > Slaaisous

Slaaisous

image

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.

2 Was met die warmste water wat veilig is vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Krap die oorskot slaaisous af.

2 Sprinkel bakpoeier, maizena of  ‘n ander absorbeerstof op die vlek.  Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

4 Klad op die vlek tot die skoonmaakmiddel geabsorbeer is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 Krap die oorskot slaaisous af.

2 Sprinkel bakpoeier, maizena of ‘n ander absorbeerstof op die vlek.  Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.

3 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

4 Klad tot die droogskoonmaakmiddel geabsorbeer is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.

6 Spons die vlek met hierdie oplossing af.

7 Klad dan tot droog.

8 Spons die mat met koue water af en klad tot droog.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: