
Kledingstof/materiaal
1 Krap die oorskot residu af.
2 As daar nog van die taai residu oorbly, vryf waterlose hand-skoonmaakmiddel op die vlek in en rol dan versigtig die oorskot gom af.
3 Behandel vooraf die voorwas-vlekverwyderaar.
4 Was.
Stoffering/bekleedsel
1 Krap die oorskot residu af.
2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.
Matte
1 Krap die oorskot residu af.
2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 Meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.
5 Spons die vlek met die oplossing af.
6 Klad daarop tot droog.
7 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.