
Kledingstof/materiaal
1 Krap soveel moontlik van die oorskot teer af.
2 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.
3 Wend vloeibare wasmiddel, wat ensieme bevat, aan en klad die vlek.
4 Was in die warmste water wat veilig is vir die materiaal.
5 As die vlek nie verdwyn het nie, gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
6 Klad daarop tot droog.
7 Herhaal stappe 5 en 6 tot die vlek verdwyn.
8 Was weer in die warmste water wat veilig is vir die materiaal.
Stoffering/bekleedsel
1 Krap die oorskot teer af.
2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.
Matte
1 Krap soveel moontlik van die oorskot teer af.
2 Spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.
3 Klad op die vlek tot dit droog is.
4 Meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel met witasyn met twee koppies warm water.
5 Spons die vlek met die oplossing af.
6 Klad daarop tot dit droog is.
7 Spons met koue water af en klad tot droog.
Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.