Tuis  > Vlekverwyderaar > R-Z > Tee

Tee

image

Kledingstof/materiaal

1 Spons die vlek met koue water af of week vir omtrent 30 minute in koue water.

2 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.

3 Was. As dit veilig is vir die materiaal, voeg chloorbleikmiddel by die waswater.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

OF

1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

2 Klad op die vlek tot dit droog is.

3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 Klad soveel as moontlik van die tee op.

2 Gebruik skoon water of meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af. Wend ‘n bietjie op ‘n slag aan en klad gereeld met ‘n droeë lap, tot die vlek verdwyn.

4 As die oplossing gebruik is, spons met koue water af en klad tot droog.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: