Tuis  > Vlekverwyderaar > R-Z > Wyn (rooi)

Wyn (rooi)

image

Kledingstof/materiaal

1 Spons die vlek met koue water af of week, vir omtrent 30 minute, in koue water.

2 Behandel vooraf met ‘n vooraf-vlekverwyderaar.

3 Was, met chloorbleikmiddel in die waswater, as dit veilig is vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Klad soveel moontlik van die wyn op.

2 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

4 Klad op die vlek tot dit droog is.

5 Herhaal stappe 3 en 4 tot die vlek verdwyn.

6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

OF

1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

2 Klad tot die droogskoonmaakmiddel geabsorbeer is.

3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 Klad soveel moontlik van die wyn op.

2 Gebruik skoon water of meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.

3 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die skoon water of oplossing af. Wend ‘n bietjie op ‘n slag aan en klad gereeld, met ‘n droeë lap, tot die vlek verdwyn.

4 As die oplossing gebruik is, spons met koue water af en klad tot droog.

 

Die moeite werd om te probeer

As die voorgemelde nie die vlek verwyder het nie (veral op ‘n wit mat), meng een deel opwasmiddel met twee dele waterstofperoksied. Spons daarmee af en klad dit tot droog. Spoel deeglik. Maak seker om dit eers op ‘n onsigbare plek te toets of die oplossing nie die kleur van die mat gaan verbleik nie.

Inhoud is verskaf met vergunning van die boek Stain Rescue! The A-Z Guide to Removing Smudges, Spots & Other Spills van Goeie Huishouding se navorsingsinstituut.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: