Tuis 
 

1. JVR and Associates (Pty) LTD (“JVR and Associates”)

JVR and Associates is die uitgewer van GOOD HOUSEKEEPING en GOEIE HUISHOUDING-tydskrif in Suid-Afrika en die eienaar van die webtuiste. JVR and Associates is volgens die maatskappy-wetgewing van Suid-Afrika geregistreer as ʼn private maatskappy.

2. Hierdie ooreenkoms

Hierdie ooreenkoms reguleer u gebruik van JVR and Associates se GOOD HOUSEKEEPING-webtuiste, www.GoodHousekeeping.co.za en GOEIE HUISHOUDING-webtuiste, www.GoeieHuishouding.co.za wat besit en bestuur word deur JVR and Associates (die “Webtuiste”). Deur toegang te verkry en die webtuiste te gebruik, gee u toestemming om u aan die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms te onderwerp. Indien u weier om onderhewig te wees aan hierdie ooreenkoms, mag u nie toegang tot die webtuiste verkry, iets ten toon stel, aflaai, stuur en/of andersins enige inhoud versprei wat op die webtuiste beskikbaar is nie.

3. U persoonlike inligting

a) JVR and Associates onderskryf vrywillig Seksie 51 van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies (Wet 25 van 2002) en is ʼn lid van die DMMA (www.dmma.co.za) aan wie se gedragskode JVR and Associates homself onderwerp.

b) JVR and Associates sal verskillende vorme van inligting van die webtuiste-gebruikers verkry. Dié inligting sluit in die IP-adres van u rekenaar, maar sal nie u e-posadres of enige ander persoonlike inligting oor u insluit nie (tensy u dit spesifiek aan ons verskaf). Hierdie inligting word deur ons gebruik om die webtuiste-gebruik te monitor, soos die aantal besoeke, die gemiddelde tyd wat mense op die webtuiste deurbring en die bladsye waarna gekyk word. Ons sal die inligting gebruik om die inhoud van die webtuiste te verbeter. Vanweë die aard van hierdie inligting, hoef ons dit nie vertroulik te hou nie en mag ons dit versprei, kopieer en soos nodig gebruik.

c) Inligting wat u aan ons verskaf om op die webtuiste te plaas, sluit in maar is nie beperk tot gespreksforums nie:

i) Deur enigiets na ons webtuiste oor te plaas (teks, foto’s, grafiese materiaal, video-insetsels, klankopnames ens.), gee u aan JVR and Associates toestemming om dit na goeddunke op die webtuiste te gebruik. U sal nie betaal word vir die gebruik hiervan nie. JVR and Associates is egter nie op enige manier verplig om sulke materiaal wat aan ons beskikbaar gestel word, te gebruik nie. U gee ons dus toestemming om hierdie inligting op die webtuiste bekend te maak, asook toestemming om dit te redigeer volgens ons eie oordeel. Ons sal probeer om indien moontlik, u te vermeld as die bron wat die inligting verskaf het.

ii) U waarborg dat enigiets wat u aan die webtuiste aanstuur, nie materiaal sal bevat:

  • Ÿwat onwelvoeglike, onbehoorlike en beledigende taalgebruik insluit nie;
  • Ÿwat onwaar, lasterlik, beledigend of teisterend is of op haatspraak neerkom nie;
  • Ÿwaar enige party regte besit (sonder die toestemming om dit te mag doen nie);
  • Ÿwat gemorspos of ongemagtigde reklame bevat nie;
  • Ÿwat enigiemand se privaatheid binnedring; en/of
  • Ÿwat optrede aanmoedig wat ʼn strafregtelike oortreding is of siviele verantwoordbaarheid bevraagteken nie, of wat andersins enige Suid-Afrikaanse of internasionale wetgewing of regulering oortree nie. U stem in om die webtuiste net vir wettige doeleindes te gebruik en u erken dat indien u nie daaraan beantwoord nie, u onderwerp word aan siviele en strafregtelike aanspreeklikheid.

iii) U stem in om nie op enige manier te probeer om toegang tot JVR and Associates se diensverskaffer te verkry nie, of om in te meng met die bedryf van die webtuiste nie, insluitend sy sagteware, of ander partye se gebruik van die webtuiste.

iv)In verband met gespreksforums, sal die volgende algemene beginsels geld in verband met materiaal wat u verskaf. U sal nie:

  • Ÿlasterlike aanmerkings aanstuur nie;
  • Ÿenigiets aanstuur wat verband hou met ʼn hofsaak wat aan die gang is of afwagtend is nie;
  • Ÿinhoud aanstuur (teks, foto’s, grafiese materiaal, video- en klankinsetsels ens.) wat u van iemand anders gekopieer het (m.a.w. waar u nie oor die kopiereg beskik nie);
  • Ÿgodslasterlike aantygings maak nie;
  • Ÿʼn persoonlike belediging oor ʼn ander webtuiste-gebruiker aanstuur nie;
  • Ÿadverteer of onsedelike voorstelle maak en
  • Ÿʼn ander gebruiker naboots nie

v) Dit is nie vir JVR and Associates moontlik om alle materiaal wat na die webtuiste gestuur word, te keur voor dit op die webtuiste beskikbaar gestel word nie. Indien JVR and Associates egter daarvan bewus word dat enige inhoud wat u aan die webtuiste stuur, nie ooreenstem met die beginsels van hierdie ooreenkoms nie, sal JVR and Associates die reg hê om volgens sy eie oordeel sodanige inhoud dadelik te verwyder. As u van mening is dat enige inhoud wat op die webtuiste geplaas is die beginsels van hierdie ooreenkoms oortree, stuur asb. aan ons ʼn e-pos by gh@assocmags.co.za.

d)JVR and Associates aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige inhoud wat deur ʼn derde party op die webtuiste geplaas word nie, en u sal steeds verantwoordelik bly vir die akkuraatheid van enige inhoud wat u aan die webtuiste stuur.

e) U erken dat u daarvan bewus is dat ʼn verbreking van die ooreenkomste in hierdie klousule waarskynlik vir JVR and Associates skade aan berokken, beide finansieel en andersins. Hiermee gee u dus kwytskelding aan JVR and Associates met betrekking tot enige aanspreeklikhede, eise, aansprake, aksies en kostes op regs- en kliënteterrein, skade en verliese wat spruit uit vertroue in inhoud wat deur u op die webtuiste geplaas is, ook vir wanneer die webtuiste om een of ander rede nie beskikbaar is nie.

f)Inligting wat ons van u sal verlang:

i)Indien ons peroonlike inligting van u benodig, sal ons u in kennis stel wanneer ons dit benodig. Ons verskaf egter nie u persoonlike inligting aan enigiemand anders nie, en ons gee niemand ook toegang daartoe nie. U mag ook kies om geen persoonlike inligting aan ons te verskaf nie. Indien u enige persoonlike inligting verskaf, kan u die akkuraatheid daarvan op ons stelsel nagaan deur aan ons ʼn e-pos te stuur by gh@assocmags.co.za.

ii) Ons hou vir ʼn jaar lank die volledige besonderhede van die persoonlike inligting wat aan ons verskaf is. As die inligting verouderd raak, skrap ons dit van ons stelsel.

iv) Ons sal billike stappe volg om te verseker dat u persoonlike inligting vertroulik bly.

4) Gebruik van en toegang tot inhoud op die webtuiste

a) JVR and Associates het die nodige regte om beheer uit te oefen oor inhoud wat op die webtuiste beskikbaar gestel word. Dit sluit die name Associated Magazines en GOOD HOUSEKEEPING en GOEIE HUISHOUDING in. Die inhoud word beskerm deur Suid-Afrikaanse en internasionale kopiereg-wetgewing. Alle regte met betrekking tot die inhoud van die webtuiste (insluitend kopiereg oor die wêreld heen, vir alle media, hetsy nou bekend of later) word deur JVR and Associates behou en niks in hierdie ooreenkoms kan as sodanig geïnterpreteer word dat u enige van hierdie regte sal verkry nie. U mag nie hierdie inhoud – benewens die lees daarvan op ʼn rekenaarskerm − sonder die vooraf skriftelike toestemming van JVR and Associates gebruik nie. Indien u toestemming verlang om enige deel van ons inhoud (teks, foto’s, grafiese materiaal, video- en klankinsetsels) te gebruik, stuur asb. aan ons ʼn e-pos by gh@assocmags.co.za.

b) JVR and Associates sal billike pogings aanwend om te verseker dat die inhoud akkuraat en volledig is. Sommige van die inhoud op die webtuiste word egter deur derde partye verskaf, en JVR and Associates is nie in staat om dan die volledigheid of akkuraatheid daarvan na te gaan nie. JVR and Associates verskaf die inhoud “soos dit is” sonder enige verdere waarborge. JVR and Associates kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, aksies, kostes, skade of verliese wat spruit uit die vertroue in inhoud wat op die webtuiste geplaas is nie, of vir wanneer die webtuiste om een of ander rede nie beskikbaar is nie. JVR and Associates sal ook nie aanspreeklik wees vir enige skade wat daaruit voortspruit nie.

5) Kompetisies en pryse

Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, behalwe as ander reëls spesifiek op ʼn kompetisie van toepassing is:

a)Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

b) Personeel van JVR and Associates of Associated Magazines of Hearst International of hulle filiale en geaffilieerde maatskappye, borge van pryse en hulle advertensie-agentskappe en hul gesinne mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

c) Die prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.

d)Inskrywings is geldig in Engels én in Afrikaans.

e)Deelnemers moet inwoners van Suid-Afrika wees.

f)Die toekenning van pryse sal geskied in ooreenstemming met die toegewysde projek-begroting. Indien enige adverteerder/geaffilieerde wat saam met JVR and Associates werk, nie meer die prys kan verskaf nie, sal die prys nie vir kontant omgeruil word nie, maar ʼn geskikte plaasvervanger-prys, wat net deur JVR and Associates aangewys word, sal verskaf word.

g) As die wenner jonger is as 18 jaar, sal die wetlike voog se skriftelike toestemming benodig word.

h) Die wenner(s) gee toestemming dat sy/haar name, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge bekendgemaak kan word vir reklame- en afleweringsdoeleindes.

i) JVR and Associates aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige probleme insake verlore inskrywings nie.

j) Wenners gebruik die prys op eie risiko. JVR and Associates sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese, skade, persoonlike beserings of dood wat gely word of plaasvind (insluitend maar nie beperk tot dit wat spruit uit enigiemand se nalatigheid, insluitend growwe nalatigheid nie) in verband met die kompetisie of aanvaarding van die prys nie.

k) Daar sal aangeneem word dat deelnemers hierdie reëls aanvaar het en ingestem het om daarby te hou wanneer hulle vir ʼn kompetisie inskryf. Deelnemers verbind hulself wettiglik daartoe.

l) JVR and Associates eien homself die reg toe om die kompetisie enige tyd te kanselleer of veranderinge aan te bring indien dit na sy mening nodig is en as omstandighede buite sy beheer opduik.

m) Die wenner gee toestemming om afgeneem te word en in ʼn artikel van JVR and Associates of Associated Magazines se tydskrifte te verskyn indien laasgenoemde partye dit nodig ag met betrekking tot die kompetisie.

n) U word hiermee ook ingelig dat u die reg het om te weier dat u naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan borge bekendgemaak kan word in terme van klousule 7 hierbo. U het verder die reg om te weier om afgeneem te word en om in ʼn atikel van JVR and Associates of Associated Magazines te verskyn in terme van klousule “m” hierbo. Indien u albei hierdie regte wil uitoefen, moet u ons binne drie dae van aanvaarding van hierdie terme en voorwaardes daarvan in kennis stel – via e-pos na h@assocmags.co.za, waarin u dit duidelik sal stel watter regte u presies wil uitoefen. Indien u ons nie binne die drie dae lange periode in kennis stel van u voorneme om dié regte uit te oefen nie, verbind u uself om gehoor te gee aan klousules “h” en “m” hierbo.

6) Kwytskelding

Hiermee word JVR and Associates en sy filiale, geaffilieerdes, amptenare, werknemser, adverteerders, vennote, agente en verteenwoordigers, kwytgeskeld en nie verantwoordelik gehou vir enige eise, aansprake en aanspreeklikhede (insluitend regskostes aan die kant van prokureurs of kliënte) wat mag voortspruit uit u inskrywings of verskaffing van inhoud nie, of van u ongemagtigde gebruik van materiaal wat van die webtuiste verkry word, van die verbreking van hierdie ooreenkoms, of van handeling wat spruit uit u gebruik van die webtuiste of enige ander oortreding van die regte van ʼn ander persoon of party nie.

7) Wetlike binding op hierdie ooreenkoms

Die webtuiste word deur JVR and Associates vanuit sy kantore in die Republiek van Suid-Afrika bedryf, beheer en geadministreer. Indien u die webtuiste van buite die landsgrense besoek, is dit u verantwoordelikheid om toe te sien dat u aan die wetlike vereistes van u eie land voldoen. Hierdie ooreenkoms word bepaal en geïntepreteer deur die wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika.

8 ) Dit is die volledige oorenkoms

Hierdie ooreenkoms is die volledige ooreenkoms tussen ons en vervang alle vorige ooreenkomste. Nie een van die partye sal gebind word deur enige voorstelle, belofte of geïmpliseerde of uitgespreekte terme of waarborge wat nie in die ooreenkoms vervat is nie.

9) Veranderinge aan die ooreenkoms

a) JVR and Associates mag die ooreenkoms van tyd tot tyd verander en behou homself die reg voor om dit te doen. Hierdie veranderinge sal in werking tree vanaf die datum wat dit op die webtuiste geplaas word. Dit is gevolglik u verantwoordelikheid om die webtuiste van tyd tot tyd na te gaan om te sien of die terme en voorwaardes van die ooreenkoms verander het. U voortdurende  gebruik van die webtuiste verbind u tot aanvaarding van die veranderinge aan die ooreenkoms.

b) Benewens vir die veranderinge van hierdie ooreenkoms deur ons, soos hierbo genoem, sal geen veranderinge of vernuwings of ooreenstemmende kansellasie van hierdie ooreenkoms afgedwing word indien dit skriftelik is nie.

10) Geen kwytskelding

Geen toegewing of vergunning wat enige party aan die ander toestaan sal ʼn kwytskelding wees van die regte van daardie party nie; dit sal ook nie daardie party verhinder om enige regte uit te oefen wat mag voortspruit uit die verlede of wat die toekoms kan inhou nie.

11) Skeiding

Indien enige voorwaarde van hierdie ooreenkoms oortree word weens onduidelikheid of enige ander rede, sal die voorwaarde van hierdie ooreenkoms geskei word van die oorblywende deel van die ooreenkoms, wat steeds ten volle sal geld.

12) Maklike en verstaanbare taalgebruik

U bevestig dat die voorwaardes van hierdie ooreenkoms in maklike en verstaanbare taal is en dat u die voorwaardes hierin vervat begryp.

Website Serarch Recipe Search

Teken in op die GH-nuusbrief

Ontvang Derdeparty-aanbiedinge:

Sekuriteitskode

Verification Image
Vul sekuriteitskode in *

Teken in Kanselleer intekening
Sluit aan by die GH-familie om vir GH-geleenthede te bespreek, by Goeie Dade betrokke te raak & aan ons aanlyn-gesprekke deel te neem.
 
Associated Magazines

Puik handelsmerke dink eenders! Ons staan vir veel meer as net tydskrifte. Besoek gerus ons ander webwerwe: